Logo
MMF

Emo Adams

Emo Adams is benodig geen bekendstelling in die vermaaklikheidsbedryf nie. Hy is ’n welbekende akteur, sanger en vervaardiger. Hy is veral bekend vir sy samewerking met David Kramer en Taliep Petersen, spesifiek sy rol in District 6: The Musical en Kat & the Kings.

As aanbieder van talle kykNET-titels, het Emo die geleentheid gekry om die Afrikaanse mark te verken. Hy het agtergekom dat daar ’n behoefte aan rou talent is, en All Star Productions was gebore.
All Star Productions het moontlik sy bestaan te danke aan die feit dat Emo tydens sy grootwordjare in Mitchell’s Plain die hoeveelheid talent in die Kaapse vlaktes aanskou het. Sy hoofdoel met All Star Productions is dus om onbekende kunstenaars op te bou.

Sy album Tall, Dark & Afrikaan is bekroon met ’n Huisgenoot Tempo-toekenning. Hierdie album vermaak jonk en oud met liedjies soos “Gums Kawielie Wams” en “Die Nuwe Oudkraalliedjie”.

Emo het sedertdien die wêreld gesien tydens die Kat and the Kings-toer, waartydens hy na Frankfurt, Vienna, Las Vegas en Londen getoer het.
Emo is ook bekend vir sy vertolking van ‘Lovebite’ in die SABC-reeks Ali Barber, sowel as sy rol as aanbieder van die immergewilde kykNET-geselsprogram, Jou Show.

Light_Lounge_Studio-541__1554897246_155.93.171.134